Tuesday 10 November 2015

Die kinders van James Charles Barlow en Elizabeth Ferreira

Wie was James Charles Barlow?

Hy was die tweede oudste seun van James Barlow die stamvader en Magdalena Jacoba Schoultz
Ek het hom leer ken as Oupa Jimmy. Hy was 76 jaar oud toe ek gebore is en hy is oorlede toe ek 8 jaar oud was. Sommer so skielik. Hy het die oggend opgestaan en aangetrek en die volgende oomblik was hy nie meer daar nie. Oupa het die rype ouderdomm van 84 jaar bereik. 'n Vol lewe soos daar vertel word. Hy het met baie heimwee van die Kolonie gepraat. 'n Skaaphakkierie was sy metgesel en soms het hy jou sommer so nader gehark wanneer jy wou gesels. 
Oupa Jimmy en Ouma Sannie het 12 kinders gehad 
Hy is op 15 Mei 1880 in Willowmore op op 12 Nov 1964 op Stella oorlede. 
Hulle het saam groot geword en is saam voorgestel James Charles, was 19 jaar oud en Susanna Elizabeth Barlow gebore Ferreira was 18 jaar. 
Ouma Sannie is op 23 Desember 1888 gebore en haar aardse lewe eindig op 10 Aug 1967
Oupa en Ouma op die plaas in die Vergelegen in Noord-Wes
Ons is baie gewonder oor daardie boom agter hulle gelukkig is dit nie 'n daggaboom maar 'n kasterolieboom.
 Hulle het reeds 'n dogter begrawe maar min het hulle geweet dat 4 van hul kinders
diens sou doen in n Wêreldoorlog. Twee van hul seuns, Nati en Luther sou nie terugkom nie.
Dan en Ball het na die oorlog huis toe gekom
Agter: Ebbie, Luther, Ball en Petrus
Voor: Rhoda, Jimmy, Sannie en Floss 
Hulle oudste was James Charles (Oom Manna)
Hy is gebore op 29 November 1907.
Hy was getroud met Tannie Cora en het in Gwelo, Zimbabwe gewoon 
Hulle dogter is Yvonne
Agter: Ebbie, Manna, Dan en Petrus
Middel: Madelein
, Floss en Rhoda 
Voor: Lena en Ball 
Helena Elizabeth (Tant Lena) is op 17 Oktober 1909 gebore en op 20 Februarie 1910 gedoop
Die getuies met haar doop was Oom Charlie wat Oupa Jimmy se broer was en Tant Annie wat Ouma Sannie se oudste suster was. 
Sy was getroud met Abraham (Oom Apie) Wantenaar. Hulle kinders is Jack, Charles, Loretta en Susan. 
Oom Apie en Tanie Lena het vir 'n tydperk in Wankey gewoon en die mooiste fotos geneem.

Charles, Lena, Apie, Jack
Loretta en Susan 
Magdalena of soos ek haar ken Tant Madelein is op 25 Januarie 1911 gebore. 
Sy het drie mans oorleef. 
Ons het almal Oom Willem Coetzee gekind. Vir ons was hy oom WAS na aanleiding van sy voorletters. Hulle het 4 kinders grootgemaak. Marie, Stella, Marina en Johan.
(Marina het julle ook by die familiebyeenkoms ontmoet. 

Links Madelein
Middel bo: Stella (regs) en haar dogter Estelle
Middel onder: Marie (links) haar dogter Madeleine in die middel en Karlien (Madelein se agter-kleindogter)
Regs bo: Marina en Oom Ebbie
Regs onder: Oom Ebbie, Floss, Rhoda en Marie voor 
Die volgende seun was Petrus Hendrik. 
Oom Peet is op 25 November 1911 gebore. 
Hy was getroud met Huibrecht (Tant Huipie). Hulle dogter is Rhita wat julle almal ken. 
Rhita is die ma van Charles, Rheta en Carin en natuurlik Skye se ouma. 
Bo is Peet en Huipie
Onder links:  Huipie, Ouma Sannie en Lena met die kleinkinders
Onder middel agter: Dan, Lena, Madelein, Ball, Rhoda, Floss en Peet 

Voor hulle is Oupa Jimmy en Ouma Sannie
Onder regs:  Martin en Rhita op hul troudag
Lora is die sussie wat Ma Floss nooit geken het
Sy vertel dat sy eenkeer by haar graf was. 
Sy is in 1919 oorlede

Oupa en Ouma se volgende seun is Ignatius Petrus  (Natie).
 Ignatius was ook die naam van Oupa Jimmy se enigste suster Tant Meraai se man se naam. 
Gebore in 11 December 1913 en oorlede in 6 July 1942 
Name BARLOW, I P Rank Private Service Number 241766 Date of Death 06/07/1942 Age 28 Regiment Royal Natal Carbineers Service Service S.A. Forces Country South African Grave XIX. F. 7. EL ALAMEIN WAR CEMETERY
Nati dit was sy weermag foto
Nati sit in die middel bo-op die panserkar. Hulle is al drie saam dood.
Onder is Natie en Marie van Madelein 
Daniel (Oom Dan) gebore 26 Nov 1916 en oorlede 1 Aug 1991
Oom Dan het altyd gesê sy Id was foutief hy is in 1914 gebore 
Getroud met Johanna Susanna Sophia (Tannie Meisie) 
Hulle kinders is Carol (wat julle ontmoet het by die familie byeenkomste) en Susan
Groot foto is Oom Dan en Tannie Meisie met Andre
Links onder Oom Dan nadat hy terug gekom het en volgens my ma 'n geweldige 

voet probleem gehad het en nooit skoene gedra het nie
Oom Dan en Luther op die middelste foto
Oom Dan Regs in die tweede ry
Hy en sy perd
Oom Dan en Oom Ebbie in Nylstroom   
Luther gebore 1921
Sy inligting lees soos volg: 
Corporal 25748 2nd Armd. Car Regt., South African Tank Corps
died Monday, 24th November 1941. Age 20. 
Son of Mr. and Mrs. J. C. Barlow of Langverwoccht, Cape Province
VOORTREKKERHOOGTE -NEW- MILITARY CEMETERY 
Gauteng, South Africa 
Grave Reference/Grave 12
Op die foto links onder is staan Luther agter Oupa Jimmy. Die langste van almal. 
Zenobia (Tannie Ball was my peetma)
Sy is op 23 April 1924 gebore en oorlede op13 September 1981
Baie van die foto's het uit haar album gekom. 
Gedurende die oorlog het sy vragmotors bestuur 
Ball by 'n weermagtrok, in 'n vrolike luim en op haar troudag. 
Ebenaeser (Oom Ebbie) is op 18 Jul 1927 gebore 
Getroud met Tannie Sally 
Hulle het 5 kinders 
James, Pierre, Eeben, Wendy (sy was ook by een van die familie byeenkomste) en Ivan
Ivan is ook op die familieblad
Sjoe meer glo ek nie hoef ek te sê nie.
Die foto regs onder is Wendy, Sally en Ebbie  
Tannie Rhoda is op 29 Mei 1930 gebore en op 15 Jul 2010 oorlede 
Sy was getroud met Oom Fritz Hagen 
Hul kinders is Suzette en Willem
Tannie Rhoda en Oom Fritz is 26 Januarie 1952 getroud
Onder is Suzette saam met Willem se seun op die se troudag
Regs bo is Willem en sy vrou Hester
Onder is Suzette en Willem 
Florence (Ma Floss) is gebore op 8 Jan 1932
Sy en my Pa Gerald Fincham is in op 6 Julie 1952 getroud. 
Ons is 5 kinders
Julian, Sandra, Patrick, Cecil en Michael 
Ma Floss het 10 klein-kinders 
Ma Floss kuier in die Oos-Vrystaat 

You don't choose your family
They are God's gift to you
as you are to them 

Groetnis tot volgende keer 

Sandra 

Tuesday 27 October 2015

Die familie se oudstes

Iets oor die oudstes van die familie 
80 jaar en ouer
Volgens die rekords is 

Elizabeth Jacomina Johanna Barlow (nee Kemp) die langslewende familielid.  
Bettie soos almal haar ken is op 9 Desember 1921 gebore. 
Sy was met Salmon Johannes getroud 
Haar man was die klein-seun van James en Magdalena
Sy woon tans in Port Elizabeth  

Ongelukkig kon ek nie 'n foto opspoor maar indien daar iemand is wat kan help stuur asb.

Tweede in die ry is Cecilia (Cielie) Francis Barlow (nee van Zyl) is gebore op 26 Januarie 1928.
Sy is die weduwee van John Paige en hulle is op 2 Augustus 1947
Sy woon by Doreen in Bloemfontein maar is nog vol lewenslus en bestuur nog self haar motor. 
Sy is ‘n sterk mens – het al dikderm kanker operasie gehad 2013 en in 2014 breek sy haar heup, 
maar soos ek se loop, bestuur en doen nog huiswerk haarself.
Die kinders is James, John, Doreen, Marlene, Caroline en Charlotte 
Die foto's vertel 'n storie van hul eie
Die groot foto is van Doreen en haar ma
Dan onder links die dag na Cielie en Paige se troudag in 1947
Oktober 1985
Paige Barlow 1945 op Middelrest
Boonste foto is Cielie en Marlene in 1957
Kuier in die Kaap in April 2015
Cielie Charlotte Maart 2014.
Cielie met twee klein-dogters Michaela (op ouma se skoot) en Bianca
Ebbie Andrew en Florence 
Ebbie en Florence is die kinders van James Charles (Jimmy) en Susanna Elizabeth (Sannie)
Ek is bevoorreg om twee van hulle in my been van die familie te hê.
Florence langs ouma Sannie
Ebbie agter links langs Rhoda 
Derdens is daar Ebbie.
Ebenaeser (Ebbie) Barlow gebore op 18 Julie 1927.
Hy woon in Pretoria en baie van julle het hom by die familiefeeste ontmoet.
Oom Ebbie en Tant Sally het vyf kinders groot gemaak
James, Pierre, Eeben, Wendy en Ivan
Oom Ebbie uitgevat
Sal nooi die romanties naam Francistown vergeet.
Hulle het op 'n tydstip daar gewoon
Dan onthou ek die huis wat hy self gebou het buite Nylstroom
Volgende op die lys van oudstes is Andrew Herbert Barlow gebore op 5 November 1931.
Hy woon ook in Pretoria en julle ken hom almal.
Sy kinders is Charene, Emile en Ailene
'n Ekspert met sy sosiale tegnologie vaardigheid.
Sy staaltjies en stories oor die familie is legendaries
Die Maverick Magistrate maar daar is ook 'n boek met dieselfde titel beskikbaar hier
Andrew soos ons hom ken 
Dan is daar Florence Fincham (nee Barlow). 
Sy is op 8 Januarie 1932 gebore. Vir my is sy Ma Floss.
Pa Gerald en Ma Floss het ook vyf kinders groot gemaak
Julian, Myself, Patrick, Cecil en Michael
Daar is 10 kleinkinders waarvan ons Pedri die oudste was.
'n Foto aan Pa met hul verlowing
Die jongeling van die oudstes is Dennis Wait
Dennis se moeder was Martha Maria Magdalene Wait (nee Barlow)
Sy was getroud met Alexander Wait
Dennis is die agterklein-seun van James en Magdalena
Dennis is getroud met Mariana.
Dennis is dan die navorsers van die Barlow inligting wat geboekstaaf gaan word. 
Dan wonder ek toe mos waar kom die van Barlow vandaan
The name Barlow was derived from a number of English place names 
which variously mean "barley hill", "barn hill", "boar clearing" or "barley clearing".
Nou ja sommer so uit die vuis indien daar iemand oorgeslaan is vra ek verskoning stuur sommer nou die inligting na deoudehuize@telkomsa.net 

Groetnis tot volgende keer 
Sandra 

Monday 19 October 2015

A contribution by Cecilia the grand-daugther of John Paige Bates

This week I am sharing this wonderful post by Cecilia o'Kelly 
Cecilia lives in Durban and as mentioned she is a Grand-daughter of John Paige Bates 
We knew him as Oom Jannie 
She is the daughter of James and Johanna Barlow 
The sister of Andrew, Joan, Brenda, Audrey and Barbara.
Cecilia was born on 26 June 1936
This is her contribution

 As I was told, my Grandfather (John Paige -Bates- Jannie)  was an ostrich farmer and doing pretty well until the ostrich feather market failed when Napoleon divorced Josephine who made ostrich feathers the in thing in Paris.

Jannie and the family of JG Strydom were neighbours but, unlike Jannie,  
Strydom did not put all his eggs in one basket.   
Jannie was obviously pauperized by the crash.   

When Eddie's father was born "Ouma Barlow"  never recovered and 
died when Kerneels was an infant.  
My Dad was sixteen years old at the time and was a student at a Technical College 
(I think Uitenhage) to become a carpenter.  
(This is my comment - He was born in 1902 and this must have happened 1918 during the second ostrich feathers boom) 

At his mother's death Jannie pulled my father him out to help with the household.
At what time Jannie became involved with the woman who wrecked those children I don't know.  However,  Jannie married this woman, moved in with her on her farm and Jannie left his children the oldest 16 yrs old to fend for themselves.  
The story goes that the boys had to run the farm and when they harvested the crops, Jannie would arrive to collect everything taking it to his new home, leaving the children almost starving.  

My Dad had a bellyful of this and one day he simply packed up and left.   
I don't think the rest of the family ever fully forgave him for deserting them.  

He fetched Aunt Sue and Uncle Kerneels later on to live with him and my mother.  

I remember as a child when we lived in Wartburg,  every Christmas many of the uncles and aunts would gather in our home for a time.. 
I think it was my Dad's way of bringing the family together and hoping for forgiveness. 
He suffered a terrible guilt complex.  
Usually, ostensibly over political disagreements but, as an adult, now, I realize it was more than likely festering hurts not addressed.  
John Paige Bates and Maria Adriana
Standing in front of John is James Charles
In front is Andries (Mary, Percy and Johnny's father)
On Grand-mothers lap is John the father of JP, Thomas, Denise and Jeanette
Notice that both Andries and John are dressed in dresses
as was the custom in those days.
Boys in dresses until the age when they were "britched" (put into trousers)
Believe that the photo was taken at the time of my Dad's britching
about 4 years old. 
 Once again thank you Cecilia for your wonderful contribution 

Till next time 
Sandra 

Monday 12 October 2015

Family, Food and Feast

Today I am sharing one of my blog post written some time ago about my Ouma Barlow and the food that she prepared 

You can read it here 
Just click on the link and it will take you there 

Oupa and Ouma on their Wedding Anniversary
Dan (Daniel), Lena (Helena), Madalena (Madelene), Zenobia (Ball), Rhoda, Florence (Floss) en Petrus
Oupa Jimmy (James Charles) and Ouma Sannie (Susanna Elizabeth nee Ferreira)

Monday 5 October 2015

Oorlogmedaljes

 Koos en Ann 
Koos was gedoop John Jacobus maar ons het hom as oom Koos geken 
Ek het hulle leer ken toe ek as jong onderwyseress in Port Elizabeth skoolgehou het en dan was Uitenhage nie te ver nie.  
Nadat ek en Hennie getroud is het ons nog steeds gaan kuier by die mense van die Baai en Uitenhage en dis tydens een van die besoeke dat Oom Koos sy oorlogsmedaljes vir ons gegee het.  

Oom Koos in uniform 
Oom Koos en Aunt Ann het met die handskoen verloof geraak. 
Dis hoe dit uitgedruk was wanneer twee per pos onderneem om verlooof te raak.

Oom Koos staan heel regs 
Oom Koos is die broer van Eddie, Marlene en Dorothy se pa Oom Kerneels. 
Hy het altyd staaltjies vertel van sy dae as kind en hoe kwaai sy pa, Jannie, was. 
Hoe hulle moes werk nadat sy ma oorlede is en sy pa op die uitkyk was vir 'n nuwe vrou.
Tant Sue was sy suster en hy het haar nooit Sue genoem maar maar altyd na haar verwys as Susanna.
"Jy is Susanna uit en klaar"

Hy het altyd vertel van hy en tant Ann se verblyf in Zoeloeland waar hy lank op Eshowe gebly het. 
Hy was lief om 'n geldjie op die perde te sit en dit het hom in die sop by die kerk laat beland 
Die dominee het besluit om hom aan te spreek. 
Na 'n lang preek van die dominee se kant was oom Koos se antwoord:
Dis reg dominee die koevert wat julle elke kort kort kry is my deel van die wengeld 
Ek sal dit nou nie meer kan bydra nie 
Die dominee se antwoord was nee dan is dit reg bring maar die koevert. 

Die oorlog het uitgebreek en soos maar met alle oorloë was dit ook 'n werkskeppings geleentheid. 
Die jongmanne is oorlog toe om geld te verdien. Oom Koos het ook aangesluit

Oom Koos Barlow se medaljes.
Skild van Koning George VI toekenning WWII
African Service Medal
WWII 1939 - 1945
The African Star
Die ene met 62 is van 'n vyandige skerpskutter wat hy geskiet is.
Vra verskoning as die medaljes nie in prioriteit geplaas is nie.
Andrew vertel van die skerpskutters 
Wat skerpskutters betref was die Russe van heel van die begin van die oorlog bewus van die waarde van die afdeling. Britte het niks in die verband gedoen nie. Die Duitsers het dit ook nie as belangrik beskou nie totdat hulle, hulle teen die Russiese skerpskutters se geweerlope vasgeloop het. 

Hulle het toe van die Russiese skerpskutters se gewere in die hande gekry het en daar was 'n uitstekende, gewonde skut aan die herstel in Duitsland. Hy het toe 'n afdeling op die been gebring. Eers is die Russiese gewere gebruik totdat Duitsland sy eie goeie skerpskuttergeweer vervaardig het.  


By beide die Duitse en Russiese afdelings is 'n kenteken in fatsoen soos die 62 medalje, gegee om aan te dui dat die draer 'n opgeleide skerpskutter was, min het die kursus geslaag. Die Russe het vroue gebruik en hulle was uitstekend. Die skerpkskuttter se 62 medalje kan niks anders wees as aanduidend van sy erkende getal nie. Dit is waarskynlik ver oorskry deur hom maar vir die ander was nie voldoende bevestiging 

Toe die Eerste Divisie teruggekom na die Noord Afrika Oorlog het oom Koos en 'n hele paar ander soldate by 'n vliegveld by Dalton, naby Wartburg, diens gedoen as wagte. 
Hulle het dikwels daar weggeloop en na Andrew hulle gekom. Waarom daar toe 'n vliegveld was weet ek nie; miskien het Smuts gedink dat die Duitsers daar in opstand sou kom. 

Soos alle soldate wou hulle nie oor die oorlog juis gesels nie maar een storie onthou ek nog goed. 
Hy en 'n ander soldaat het 'n pad êrens in die woestyn gebou. Hulle het 'n paar swaar masjiene soos stootskrapers gehad en was alleen, met slegs hulle .303 geweers as wapens. 
'n Stuka het teruggekom, duidelik van ' sending verder agter toe waar hy moes gaan bom. 
Toe hy oor hulle twee vlieg het hy gelukkig nie meer bomme gehad nie. 
Daar was een van daardie hoë miershope en toe die vliegtuig na hulle toe terugdraai weet hulle dadelik hy gaan hulle nou met die masjien gewere takel.
Hulle het toe agter die miershoop weggekruip en so elke keer as hy aankom na die dan agterkant geskuif. Naderhand is sy ammunisie op en is die miershoop amper klaar geskiet.
Hy het gesê dat hulle daardie dag amper dood was. 

A positive attitude causes a chain reaction of positive thoughts, 
events and outcomes. 
It is a catalyst and it sparks extraordinary results.
Charles Kinnear sal De Oude Huize Yard verteenwoordig 
by die Topdestinations Awards. 
Charles is Rhita se seun 
Rhita is Petrus se dogter 
Petrus is my ma se broer 
Petrus is Jimmy se seun (James Charles 1880 tot 1964)
Nogmaals baie dankie Charles!

Groetnis tot volgende keer 
Sandra Cronje 

Monday 28 September 2015

Die Pous en Oom Percy se Deernismunt

Hierdie storie is deel van Eddie Barlow se pen 
Laat ek by die begin begin 
John (Bates) Paige het 9 kinders gehad. 
Dit was James Charles, Andries Hercules, John Bates, Maria, Francis, 
John Jacobus (Oom Koos) Helena, Susanna (Tant Sue) en Cornelius (Oom Kerneel) 
Pragtige Tant Sue in haar jong dae 
Nou Tant Sue was Eddie se pa (oom Kerneels) se jongste suster. 
Oom Kerneels was getroud met Tant Poppy en hulle het 3 kinders gehad 
Eddie, Doretha en Marlene
Oom Kerneels en Tant Poppie op hul troudag 
Tant Sue was getroud met Oom Percy 'n Katolieke Ier. 
Oom Percy kon verskeie musiek instrumente speel maar sy gunsteling was die viool 
Hy is oorlog toe en is op Tobruk saam met die 2de Divisie gevange geneem. 
Na die oorlog het oom Percy huis toe gekom met sy lucky charm.
Dit is 'n deernis munt wat oom Percy as krygsgevang by die Pous gekry het.  Voorkant 

Hier is 'n deernis munt wat oom Percy as krygsgevangene by die Pous gekry het. 
Daar was nie genoeg van die munt stukke om aan al die kryggevangenisse te gee nie. 
Al die Nie-Katolieke soldate het terug gestaan sodat al die Katolieke volgelinge een kon kry. 
Oom Percy het dit sy lucky charm genoem. 
Die woorde op die munt is Latyns en is direk vertaal en is soos volg.
Ek voel innig jammer vir die skare
Pous Vrome X11 maximus.an
I have compassion on the multitude
Pope Pious X11 maximus.an
Tant Sue in haar later jare 
Your attitude is like a box of crayons that colour your world.
Contstanly colour your picute gray, and your picture will always be bleak
Try adding some bright colours to the picture by including
humor,
and your picture begins to lighten up 

Groetnis tot 'n volgende keer 

Sandra Cronje 

Tuesday 22 September 2015

Die Klipmuur in die Kloof


Vandag loop ons op die Voetspore van Eddie Barlow tydens 'n besoek aan Die Kas in Baviaanskloof 
Eddie is die seun van Cornelius (Kerneels) en Poppy Barlow 
Hy is die klein-seun van John Bates Barlow wat ons geken het as my oupa se broer Jannie 
Baie dankie vir die foto's wat ons hier kon gebruik 

Volgens Dennis Wait wat al die navorsing doen is dit die muur wat deur voorvader James Barlow gebou is
Dit het my nogal laat dink aan die foto van Charene Barlow Nortier (Andrew se dogter)
op die familieblad geplaas het onder die opskrif Mooi Kastele 

Dis die muur waar bord wys Bergplaas. 
Dit is volgens Dennis Wait se inligting dat ons voorvader James Barlow een van die bouers was van die muur.  Inligting wat bekom is dui daarop dat ''boere" aansoek kon doen by die regering vir grond.
250 morg is toegeken waarop hul kon boer. James Barlow het dan die grond gekry na die geboorte van die vierde kind - Charles wat in 1883 gebore is.
Dennis is die seun van Jan Frederik Barlow en die klein-seun van Tennie
Dit was egter nie die eiendom van die boere nie en dit kan na die Bywonerstelsel van daardie dae wees.  
Vandag word daar nie na die Bywonders verwys nie maar na bestuurders. 
Die langslewende kon aanbly en steeds daar boer.
Marlene Barlow, Eddie se suster vertel  dat haar pa altyd vertel het van oupa wat 'n bouer was en dan gooi die handlangers die stene te stadig na sy sin en sy woorde 
" Steine vliksums, steine" 
Die testament wat in die argief gekry is verwys na die Bywonerstelsel maar
die handskif is baie moeilik om te ontsyfer.
Die muur het dan die afbakening van die 250 morg grond aangedui
250 morg is ongeveer 215 hektaar
Die kronkelpad na die moontlike plaas waar ons stadvader geboer het.

Rotsformasies in Baviaanskloof 

Nog 'n klipmuur by Combrinkberg
Baie dankie aan Andre Barlow vir die foto 

Die skakelhuis waar Eddie se Oupa John Bates (Jannie) in sy laaste jare gewoon het.  
Aan die wat wonder oor die testament
Jammer maar daar sal geen "Land Claim" kan wees nie
Weer eens dankie aan Eddie


Hier is die stamouers se testament in kort, asook wat hul besit het met afsterwe van stamvader. Uit die argiewe te Kaapsatd
MOOC 7/1/519 : 1613
Will of James Barlow and his wife Magdalena Jacoba Schoultz, both born in the district of

Uitenhage and resident on the farm Kruisrivier in the Humansdorp district
The testator and testatrix appoint the survivor of them, with the children born of the marriage,
to be the sole and universal heirs of the entire estate.
If the survivor wishes to enter into a second marriage, two upright men shall be selected to
make an inventory the entire estate and value it, in order to protect the portions due to any
minor children, which shall then be deposited with the Orphan Chamber until such time as
such children reach their majority.
The survivor is to be the executor of the will and administrator of the estate.
Signed on 22 March 1888
James Barlow
M J Schoultz


MOOC 7/1/519 : 1614
Inventory of the property belonging to the estate of the late James Barlow who died at Sand
Vlakte in the division of Willowmore on 7 September 1889
10 oxen
1 wagon
100 goats and sheep
3 cows
2 horses
Household furniture

MOOC 13/1/593 : 7
Administration and distribution account in the testate estate of the late James Barlow
11 November 1889
Assets:
Valuation of movable property, £109 0s 0d
Liabilities:
Various small debts, administrative and legal costs, £74 13s 9d
Amount for distribution, £34 6s 3d, distributed as follows:
•One half awarded to the surviving spouse, £17 3s 3d
•One half divided among the children in equal shares, each of the following
children receiving £2 17s 2d:
John Bates Barlow, born 20 November 1878
James Charel Barlow, born 15 May 1880
Johan Frederick Barlow, born 25 July 1882
Charles Barlow, born 27 March 1883
Maria Aletta Barlow, born 9 January 1885
Solomon Johannes Barlow, born 15 December 1888
********

This beautiful quilt was made by Charene Barlow Nortier 
 Thank you for sharing it with us 
A little simplification would be
the first step toward rational living.
Eleanor Roosevelt

Groetnis tot 'n volgende keer 
Sandra Cronje 

Monday 14 September 2015

Die Barlows van Die Kas

My Oupa het in Die Kas gewoon en altyd daarna verwys as sy deeltjie van die Kolonie. 
Later sou hy 'n nuwe lewe in Bechuanaland begin.
James Charles Barlow was die tweede seun van James en Magdalena en ons het hom oupa Jimmy genoem. 
Wanneer jy op die stoep gesit het en hy het jou nader gehak met sy skaaphakkierie en jy die blare van die laventelboom tussen jou vingers vryf kon jy die heimwee van Die Kas in sy oë sien.  

Hierdie is sommer net 'n poging om vir julle meer te vertel van die Barlows soos wat dit deur die jare met ons gedeel is.  Dankie aan Eddie Barlow wat die datums en spesifieke name vir my laat kry het.  


Ek gaan begin by James Barlow wat in 1842 in Engeland gebore is en met Magdalena Schoultz getroud was. Die inskrywing in die argief van hul huwelik lees soos volg: 
James Barlow – 32 Jaar oud, Jongman, Messelaar woonagtig te Matjesfontein is na 
gebooie op 24 September 1877 
en 
Magdalena Jacoba Schoultz – 19 Jaar oud, Jongedogter woonagtig te Matjesfontein
Met wie se toestemming: die vrou, met die van haar ouders.
Getuies: Geen
Hulle het in Die Kas gewoon.  James het op 7 September 1889 in Sandvlakte gesterf.  
Groot-oupa het die oorspronklike kerk op Willowmore gebou 

Die oorspronklike kerk is in 1878 gebou en was in gebruik tot in die sestigs.
 Hy was een van die bouers van die kerk.
Volgens oorlewering was James baie lig van vel en hy het soms van die grond aan sy vel gesmeer om die sonskade te verminder

James en Magdalena se kinders is of in Willowmore of in Cambria Baviaanskloof gebore. 
Hulle was  
John Bates (Jannie) Barlow 1878 
James Charles (Jimmy) Barlow 1880 
Johan Frederik (Tennie) Barlow 1881 
Charles (Charlie) Barlow 1883 
Maria Aletta (Miems) (Tant Meraai) 1886
Salomon Johannes Barlow 1888 
Magdalena Jacoba Barlow 1889
Volgens oorlewering id dit Jannie, Jimmy, Tenny, Charlie en Meraai. 
Ons weet darem watter ene is Tant Meraai 

Vandag wil ek 'n staatjie van Tenny met julle deel 
Die storie is deur Andrew Barlow geskryf en ek deel dit graag 
(Andrew is my Oupa Jimmy se broer, John Bates se kleinkind)

A Cape Rebel

Old men make wars in which young men fight and die.
Brave men die once, cowards die a thousand deaths.It is a young man's world.
To understand this story you have to know a little bit about the surrounding circumstances.
Most, certainly not all, but most of the Afrikaners who had had enough of the British government had left the Cape Colony and had settled in the Orange Free State and the Transvaal where they created their own republics.
However, Onze Jan Hofmeyer had united by far most of the Afrikaners in the Cape Colony and they had become the deciding political factor in the Cape Colony. They and Cecil John Rhodes and his party had formed an amicable alliance which promised well for the future of the Colony.
Then in 1895 Jameson, the right hand man of Rhodes invaded the Transvaal.
This caused a furor both In South Africa and internationally. 
The Cape Colony Afrikaners were immediately estranged from the British and naturally from Rhodes and the English speaking Cape Colonists.
When war broke out in 1899 it was feared that many thousands of men in the Cape would rise and take up arms against Britain.Martial Law was declared in most districts of the Colony. Harsh measures were introduced. Food was rationed and farmers in most areas had to collect their food from the nearest town and were not allowed to produce their own food.
So food was scarce.
Horses and weapons were confiscated.
It was very difficult for would be rebels to reach a Boer Commando.
My Great Uncle J.T. Barlow, George F. Rautenbach and W.J. Vosloo setr out on foot one night to join a commando somewhere near Graaff Reinet, a few hundred miles away.
They came across a large piece of dry cow hide and Uncle Tênie picked it up. His companions told him to throw it away. He said it might come in handy.
Then during the second night, early, it was just becoming really dark they heard several horses trotting. It could only have been a British Patrol. The area was bush veld and they hid. The patrol rode to a deserted sheep kraal, hob tied their horses and bedded down in the kraal..
The three rebels waited and uncle Tênie cut the hide in three pieces. He told his companions what the plan was that he had thought out and they waited, When they were satisfied the soldiers were asleep uncle Tênie went to the kraal wall and held his stick over the wall. His companions started to hammer on their pieces of hide - it sounded like galloping horses. 
He shouted: "hands up" and jumped over the wall, ran to the stacked rifles, grabbed one and pointed it at the surprised soldiers. His companions joined him, each grabbed a rifle and the soldiers surrendered.
They made them take off their boots, each took two rifles and all the ammunition which the soldiers had and all their horses and all their food.
They joined a commando near Graaff Reinet.
I am not sure which commando they joined but the name of Kritzinger resonates in my memory. 
My father and grandfather told me this story with glee. As I said I was very young then and regret more than I can say that I did not ever question them more.
What was this uncle like, what did he say about his experiences as rebel, how did all this affect him, what happened to him, for how long was he deprived of all civil rights, did he go to prison for having rebelled, what happened to him.
And all that is left is a dim memory in the mind of a nephew who remembers him with a great deal of admiration and affection - a nephew who never even ever saw him.
Will you join me in a toast to him?
Men who do things like this are men even though hey might be fifteen year old lads at the time, they do not die a thousand deaths of regret and shame, they die like the heroes that they are.

If you realize that all things change,
there is nothing you will try to hold on to
Thank you to Estelle van Niekerk for this beautiful painting
(Estelle is Jimmy's great-granddaughter) 

Groetnis tot 'n volgende keer 
Sandra Cronje