Tuesday 10 November 2015

Die kinders van James Charles Barlow en Elizabeth Ferreira

Wie was James Charles Barlow?

Hy was die tweede oudste seun van James Barlow die stamvader en Magdalena Jacoba Schoultz
Ek het hom leer ken as Oupa Jimmy. Hy was 76 jaar oud toe ek gebore is en hy is oorlede toe ek 8 jaar oud was. Sommer so skielik. Hy het die oggend opgestaan en aangetrek en die volgende oomblik was hy nie meer daar nie. Oupa het die rype ouderdomm van 84 jaar bereik. 'n Vol lewe soos daar vertel word. Hy het met baie heimwee van die Kolonie gepraat. 'n Skaaphakkierie was sy metgesel en soms het hy jou sommer so nader gehark wanneer jy wou gesels. 
Oupa Jimmy en Ouma Sannie het 12 kinders gehad 
Hy is op 15 Mei 1880 in Willowmore op op 12 Nov 1964 op Stella oorlede. 
Hulle het saam groot geword en is saam voorgestel James Charles, was 19 jaar oud en Susanna Elizabeth Barlow gebore Ferreira was 18 jaar. 
Ouma Sannie is op 23 Desember 1888 gebore en haar aardse lewe eindig op 10 Aug 1967
Oupa en Ouma op die plaas in die Vergelegen in Noord-Wes
Ons is baie gewonder oor daardie boom agter hulle gelukkig is dit nie 'n daggaboom maar 'n kasterolieboom.
 Hulle het reeds 'n dogter begrawe maar min het hulle geweet dat 4 van hul kinders
diens sou doen in n Wêreldoorlog. Twee van hul seuns, Nati en Luther sou nie terugkom nie.
Dan en Ball het na die oorlog huis toe gekom
Agter: Ebbie, Luther, Ball en Petrus
Voor: Rhoda, Jimmy, Sannie en Floss 
Hulle oudste was James Charles (Oom Manna)
Hy is gebore op 29 November 1907.
Hy was getroud met Tannie Cora en het in Gwelo, Zimbabwe gewoon 
Hulle dogter is Yvonne
Agter: Ebbie, Manna, Dan en Petrus
Middel: Madelein
, Floss en Rhoda 
Voor: Lena en Ball 
Helena Elizabeth (Tant Lena) is op 17 Oktober 1909 gebore en op 20 Februarie 1910 gedoop
Die getuies met haar doop was Oom Charlie wat Oupa Jimmy se broer was en Tant Annie wat Ouma Sannie se oudste suster was. 
Sy was getroud met Abraham (Oom Apie) Wantenaar. Hulle kinders is Jack, Charles, Loretta en Susan. 
Oom Apie en Tanie Lena het vir 'n tydperk in Wankey gewoon en die mooiste fotos geneem.

Charles, Lena, Apie, Jack
Loretta en Susan 
Magdalena of soos ek haar ken Tant Madelein is op 25 Januarie 1911 gebore. 
Sy het drie mans oorleef. 
Ons het almal Oom Willem Coetzee gekind. Vir ons was hy oom WAS na aanleiding van sy voorletters. Hulle het 4 kinders grootgemaak. Marie, Stella, Marina en Johan.
(Marina het julle ook by die familiebyeenkoms ontmoet. 

Links Madelein
Middel bo: Stella (regs) en haar dogter Estelle
Middel onder: Marie (links) haar dogter Madeleine in die middel en Karlien (Madelein se agter-kleindogter)
Regs bo: Marina en Oom Ebbie
Regs onder: Oom Ebbie, Floss, Rhoda en Marie voor 
Die volgende seun was Petrus Hendrik. 
Oom Peet is op 25 November 1911 gebore. 
Hy was getroud met Huibrecht (Tant Huipie). Hulle dogter is Rhita wat julle almal ken. 
Rhita is die ma van Charles, Rheta en Carin en natuurlik Skye se ouma. 
Bo is Peet en Huipie
Onder links:  Huipie, Ouma Sannie en Lena met die kleinkinders
Onder middel agter: Dan, Lena, Madelein, Ball, Rhoda, Floss en Peet 

Voor hulle is Oupa Jimmy en Ouma Sannie
Onder regs:  Martin en Rhita op hul troudag
Lora is die sussie wat Ma Floss nooit geken het
Sy vertel dat sy eenkeer by haar graf was. 
Sy is in 1919 oorlede

Oupa en Ouma se volgende seun is Ignatius Petrus  (Natie).
 Ignatius was ook die naam van Oupa Jimmy se enigste suster Tant Meraai se man se naam. 
Gebore in 11 December 1913 en oorlede in 6 July 1942 
Name BARLOW, I P Rank Private Service Number 241766 Date of Death 06/07/1942 Age 28 Regiment Royal Natal Carbineers Service Service S.A. Forces Country South African Grave XIX. F. 7. EL ALAMEIN WAR CEMETERY
Nati dit was sy weermag foto
Nati sit in die middel bo-op die panserkar. Hulle is al drie saam dood.
Onder is Natie en Marie van Madelein 
Daniel (Oom Dan) gebore 26 Nov 1916 en oorlede 1 Aug 1991
Oom Dan het altyd gesê sy Id was foutief hy is in 1914 gebore 
Getroud met Johanna Susanna Sophia (Tannie Meisie) 
Hulle kinders is Carol (wat julle ontmoet het by die familie byeenkomste) en Susan
Groot foto is Oom Dan en Tannie Meisie met Andre
Links onder Oom Dan nadat hy terug gekom het en volgens my ma 'n geweldige 

voet probleem gehad het en nooit skoene gedra het nie
Oom Dan en Luther op die middelste foto
Oom Dan Regs in die tweede ry
Hy en sy perd
Oom Dan en Oom Ebbie in Nylstroom   
Luther gebore 1921
Sy inligting lees soos volg: 
Corporal 25748 2nd Armd. Car Regt., South African Tank Corps
died Monday, 24th November 1941. Age 20. 
Son of Mr. and Mrs. J. C. Barlow of Langverwoccht, Cape Province
VOORTREKKERHOOGTE -NEW- MILITARY CEMETERY 
Gauteng, South Africa 
Grave Reference/Grave 12
Op die foto links onder is staan Luther agter Oupa Jimmy. Die langste van almal. 
Zenobia (Tannie Ball was my peetma)
Sy is op 23 April 1924 gebore en oorlede op13 September 1981
Baie van die foto's het uit haar album gekom. 
Gedurende die oorlog het sy vragmotors bestuur 
Ball by 'n weermagtrok, in 'n vrolike luim en op haar troudag. 
Ebenaeser (Oom Ebbie) is op 18 Jul 1927 gebore 
Getroud met Tannie Sally 
Hulle het 5 kinders 
James, Pierre, Eeben, Wendy (sy was ook by een van die familie byeenkomste) en Ivan
Ivan is ook op die familieblad
Sjoe meer glo ek nie hoef ek te sê nie.
Die foto regs onder is Wendy, Sally en Ebbie  
Tannie Rhoda is op 29 Mei 1930 gebore en op 15 Jul 2010 oorlede 
Sy was getroud met Oom Fritz Hagen 
Hul kinders is Suzette en Willem
Tannie Rhoda en Oom Fritz is 26 Januarie 1952 getroud
Onder is Suzette saam met Willem se seun op die se troudag
Regs bo is Willem en sy vrou Hester
Onder is Suzette en Willem 
Florence (Ma Floss) is gebore op 8 Jan 1932
Sy en my Pa Gerald Fincham is in op 6 Julie 1952 getroud. 
Ons is 5 kinders
Julian, Sandra, Patrick, Cecil en Michael 
Ma Floss het 10 klein-kinders 
Ma Floss kuier in die Oos-Vrystaat 

You don't choose your family
They are God's gift to you
as you are to them 

Groetnis tot volgende keer 

Sandra