Tuesday 27 October 2015

Die familie se oudstes

Iets oor die oudstes van die familie 
80 jaar en ouer
Volgens die rekords is 

Elizabeth Jacomina Johanna Barlow (nee Kemp) die langslewende familielid.  
Bettie soos almal haar ken is op 9 Desember 1921 gebore. 
Sy was met Salmon Johannes getroud 
Haar man was die klein-seun van James en Magdalena
Sy woon tans in Port Elizabeth  

Ongelukkig kon ek nie 'n foto opspoor maar indien daar iemand is wat kan help stuur asb.

Tweede in die ry is Cecilia (Cielie) Francis Barlow (nee van Zyl) is gebore op 26 Januarie 1928.
Sy is die weduwee van John Paige en hulle is op 2 Augustus 1947
Sy woon by Doreen in Bloemfontein maar is nog vol lewenslus en bestuur nog self haar motor. 
Sy is ‘n sterk mens – het al dikderm kanker operasie gehad 2013 en in 2014 breek sy haar heup, 
maar soos ek se loop, bestuur en doen nog huiswerk haarself.
Die kinders is James, John, Doreen, Marlene, Caroline en Charlotte 
Die foto's vertel 'n storie van hul eie
Die groot foto is van Doreen en haar ma
Dan onder links die dag na Cielie en Paige se troudag in 1947
Oktober 1985
Paige Barlow 1945 op Middelrest
Boonste foto is Cielie en Marlene in 1957
Kuier in die Kaap in April 2015
Cielie Charlotte Maart 2014.
Cielie met twee klein-dogters Michaela (op ouma se skoot) en Bianca
Ebbie Andrew en Florence 
Ebbie en Florence is die kinders van James Charles (Jimmy) en Susanna Elizabeth (Sannie)
Ek is bevoorreg om twee van hulle in my been van die familie te hê.
Florence langs ouma Sannie
Ebbie agter links langs Rhoda 
Derdens is daar Ebbie.
Ebenaeser (Ebbie) Barlow gebore op 18 Julie 1927.
Hy woon in Pretoria en baie van julle het hom by die familiefeeste ontmoet.
Oom Ebbie en Tant Sally het vyf kinders groot gemaak
James, Pierre, Eeben, Wendy en Ivan
Oom Ebbie uitgevat
Sal nooi die romanties naam Francistown vergeet.
Hulle het op 'n tydstip daar gewoon
Dan onthou ek die huis wat hy self gebou het buite Nylstroom
Volgende op die lys van oudstes is Andrew Herbert Barlow gebore op 5 November 1931.
Hy woon ook in Pretoria en julle ken hom almal.
Sy kinders is Charene, Emile en Ailene
'n Ekspert met sy sosiale tegnologie vaardigheid.
Sy staaltjies en stories oor die familie is legendaries
Die Maverick Magistrate maar daar is ook 'n boek met dieselfde titel beskikbaar hier
Andrew soos ons hom ken 
Dan is daar Florence Fincham (nee Barlow). 
Sy is op 8 Januarie 1932 gebore. Vir my is sy Ma Floss.
Pa Gerald en Ma Floss het ook vyf kinders groot gemaak
Julian, Myself, Patrick, Cecil en Michael
Daar is 10 kleinkinders waarvan ons Pedri die oudste was.
'n Foto aan Pa met hul verlowing
Die jongeling van die oudstes is Dennis Wait
Dennis se moeder was Martha Maria Magdalene Wait (nee Barlow)
Sy was getroud met Alexander Wait
Dennis is die agterklein-seun van James en Magdalena
Dennis is getroud met Mariana.
Dennis is dan die navorsers van die Barlow inligting wat geboekstaaf gaan word. 
Dan wonder ek toe mos waar kom die van Barlow vandaan
The name Barlow was derived from a number of English place names 
which variously mean "barley hill", "barn hill", "boar clearing" or "barley clearing".
Nou ja sommer so uit die vuis indien daar iemand oorgeslaan is vra ek verskoning stuur sommer nou die inligting na deoudehuize@telkomsa.net 

Groetnis tot volgende keer 
Sandra 

1 comment: