Monday 5 October 2015

Oorlogmedaljes

 Koos en Ann 
Koos was gedoop John Jacobus maar ons het hom as oom Koos geken 
Ek het hulle leer ken toe ek as jong onderwyseress in Port Elizabeth skoolgehou het en dan was Uitenhage nie te ver nie.  
Nadat ek en Hennie getroud is het ons nog steeds gaan kuier by die mense van die Baai en Uitenhage en dis tydens een van die besoeke dat Oom Koos sy oorlogsmedaljes vir ons gegee het.  

Oom Koos in uniform 
Oom Koos en Aunt Ann het met die handskoen verloof geraak. 
Dis hoe dit uitgedruk was wanneer twee per pos onderneem om verlooof te raak.

Oom Koos staan heel regs 
Oom Koos is die broer van Eddie, Marlene en Dorothy se pa Oom Kerneels. 
Hy het altyd staaltjies vertel van sy dae as kind en hoe kwaai sy pa, Jannie, was. 
Hoe hulle moes werk nadat sy ma oorlede is en sy pa op die uitkyk was vir 'n nuwe vrou.
Tant Sue was sy suster en hy het haar nooit Sue genoem maar maar altyd na haar verwys as Susanna.
"Jy is Susanna uit en klaar"

Hy het altyd vertel van hy en tant Ann se verblyf in Zoeloeland waar hy lank op Eshowe gebly het. 
Hy was lief om 'n geldjie op die perde te sit en dit het hom in die sop by die kerk laat beland 
Die dominee het besluit om hom aan te spreek. 
Na 'n lang preek van die dominee se kant was oom Koos se antwoord:
Dis reg dominee die koevert wat julle elke kort kort kry is my deel van die wengeld 
Ek sal dit nou nie meer kan bydra nie 
Die dominee se antwoord was nee dan is dit reg bring maar die koevert. 

Die oorlog het uitgebreek en soos maar met alle oorloë was dit ook 'n werkskeppings geleentheid. 
Die jongmanne is oorlog toe om geld te verdien. Oom Koos het ook aangesluit

Oom Koos Barlow se medaljes.
Skild van Koning George VI toekenning WWII
African Service Medal
WWII 1939 - 1945
The African Star
Die ene met 62 is van 'n vyandige skerpskutter wat hy geskiet is.
Vra verskoning as die medaljes nie in prioriteit geplaas is nie.
Andrew vertel van die skerpskutters 
Wat skerpskutters betref was die Russe van heel van die begin van die oorlog bewus van die waarde van die afdeling. Britte het niks in die verband gedoen nie. Die Duitsers het dit ook nie as belangrik beskou nie totdat hulle, hulle teen die Russiese skerpskutters se geweerlope vasgeloop het. 

Hulle het toe van die Russiese skerpskutters se gewere in die hande gekry het en daar was 'n uitstekende, gewonde skut aan die herstel in Duitsland. Hy het toe 'n afdeling op die been gebring. Eers is die Russiese gewere gebruik totdat Duitsland sy eie goeie skerpskuttergeweer vervaardig het.  


By beide die Duitse en Russiese afdelings is 'n kenteken in fatsoen soos die 62 medalje, gegee om aan te dui dat die draer 'n opgeleide skerpskutter was, min het die kursus geslaag. Die Russe het vroue gebruik en hulle was uitstekend. Die skerpkskuttter se 62 medalje kan niks anders wees as aanduidend van sy erkende getal nie. Dit is waarskynlik ver oorskry deur hom maar vir die ander was nie voldoende bevestiging 

Toe die Eerste Divisie teruggekom na die Noord Afrika Oorlog het oom Koos en 'n hele paar ander soldate by 'n vliegveld by Dalton, naby Wartburg, diens gedoen as wagte. 
Hulle het dikwels daar weggeloop en na Andrew hulle gekom. Waarom daar toe 'n vliegveld was weet ek nie; miskien het Smuts gedink dat die Duitsers daar in opstand sou kom. 

Soos alle soldate wou hulle nie oor die oorlog juis gesels nie maar een storie onthou ek nog goed. 
Hy en 'n ander soldaat het 'n pad êrens in die woestyn gebou. Hulle het 'n paar swaar masjiene soos stootskrapers gehad en was alleen, met slegs hulle .303 geweers as wapens. 
'n Stuka het teruggekom, duidelik van ' sending verder agter toe waar hy moes gaan bom. 
Toe hy oor hulle twee vlieg het hy gelukkig nie meer bomme gehad nie. 
Daar was een van daardie hoë miershope en toe die vliegtuig na hulle toe terugdraai weet hulle dadelik hy gaan hulle nou met die masjien gewere takel.
Hulle het toe agter die miershoop weggekruip en so elke keer as hy aankom na die dan agterkant geskuif. Naderhand is sy ammunisie op en is die miershoop amper klaar geskiet.
Hy het gesê dat hulle daardie dag amper dood was. 

A positive attitude causes a chain reaction of positive thoughts, 
events and outcomes. 
It is a catalyst and it sparks extraordinary results.
Charles Kinnear sal De Oude Huize Yard verteenwoordig 
by die Topdestinations Awards. 
Charles is Rhita se seun 
Rhita is Petrus se dogter 
Petrus is my ma se broer 
Petrus is Jimmy se seun (James Charles 1880 tot 1964)
Nogmaals baie dankie Charles!

Groetnis tot volgende keer 
Sandra Cronje 

1 comment:

  1. Wat is die medalje werd vandag want ek hwt presies dieselfde.julle kan my kontak by 0710878530.dankie.

    ReplyDelete