Wie was James Charles Barlow?
Hy was die tweede oudste seun van James Barlow die stamvader en Magdalena Jacoba Schoultz
Ek het hom leer ken as Oupa Jimmy. Hy was 76 jaar oud toe ek gebore is en hy is oorlede toe ek 8 jaar oud was. Sommer so skielik. Hy het die oggend opgestaan en aangetrek en die volgende oomblik was hy nie meer daar nie. Oupa het die rype ouderdomm van 84 jaar bereik. 'n Vol lewe soos daar vertel word. Hy het met baie heimwee van die Kolonie gepraat. 'n Skaaphakkierie was sy metgesel en soms het hy jou sommer so nader gehark wanneer jy wou gesels.
Oupa Jimmy en Ouma Sannie het 12 kinders gehad
Hy is op 15 Mei 1880 in Willowmore op op 12 Nov 1964 op Stella oorlede.
Hulle het saam groot geword en is saam voorgestel James Charles, was 19 jaar oud en Susanna Elizabeth Barlow gebore Ferreira was 18 jaar.
Ouma Sannie is op 23 Desember 1888 gebore en haar aardse lewe eindig op 10 Aug 1967
Agter: Ebbie, Luther, Ball en Petrus Voor: Rhoda, Jimmy, Sannie en Floss |
Hulle oudste was James Charles (Oom Manna).
Hy is gebore op 29 November 1907.
Hy was getroud met Tannie Cora en het in Gwelo, Zimbabwe gewoon
Hulle dogter is Yvonne
Agter: Ebbie, Manna, Dan en Petrus Middel: Madelein, Floss en Rhoda Voor: Lena en Ball |
Helena Elizabeth (Tant Lena) is op 17 Oktober 1909 gebore en op 20 Februarie 1910 gedoop.
Die getuies met haar doop was Oom Charlie wat Oupa Jimmy se broer was en Tant Annie wat Ouma Sannie se oudste suster was.
Sy was getroud met Abraham (Oom Apie) Wantenaar. Hulle kinders is Jack, Charles, Loretta en Susan.
Oom Apie en Tanie Lena het vir 'n tydperk in Wankey gewoon en die mooiste fotos geneem.
Charles, Lena, Apie, Jack Loretta en Susan |
Magdalena of soos ek haar ken Tant Madelein is op 25 Januarie 1911 gebore.
Sy het drie mans oorleef.
Ons het almal Oom Willem Coetzee gekind. Vir ons was hy oom WAS na aanleiding van sy voorletters. Hulle het 4 kinders grootgemaak. Marie, Stella, Marina en Johan.
(Marina het julle ook by die familiebyeenkoms ontmoet.
(Marina het julle ook by die familiebyeenkoms ontmoet.
Die volgende seun was Petrus Hendrik.
Oom Peet is op 25 November 1911 gebore.
Hy was getroud met Huibrecht (Tant Huipie). Hulle dogter is Rhita wat julle almal ken.
Rhita is die ma van Charles, Rheta en Carin en natuurlik Skye se ouma.
Lora is die sussie wat Ma Floss nooit geken het.
Sy vertel dat sy eenkeer by haar graf was.
Sy is in 1919 oorlede
Oupa en Ouma se volgende seun is Ignatius Petrus (Natie).
Ignatius was ook die naam van Oupa Jimmy se enigste suster Tant Meraai se man se naam.
Gebore in 11 December 1913 en oorlede in 6 July 1942
Name BARLOW, I P Rank Private Service Number 241766 Date of Death 06/07/1942 Age 28 Regiment Royal Natal Carbineers Service Service S.A. Forces Country South African Grave XIX. F. 7. EL ALAMEIN WAR CEMETERY
Nati dit was sy weermag foto Nati sit in die middel bo-op die panserkar. Hulle is al drie saam dood. Onder is Natie en Marie van Madelein |
Daniel (Oom Dan) gebore 26 Nov 1916 en oorlede 1 Aug 1991
Oom Dan het altyd gesê sy Id was foutief hy is in 1914 gebore
Oom Dan het altyd gesê sy Id was foutief hy is in 1914 gebore
Getroud met Johanna Susanna Sophia (Tannie Meisie)
Hulle kinders is Carol (wat julle ontmoet het by die familie byeenkomste) en Susan
Luther gebore 1921
Sy inligting lees soos volg:
Corporal 25748 2nd Armd. Car Regt., South African Tank Corps
died Monday, 24th November 1941. Age 20.
Son of Mr. and Mrs. J. C. Barlow of Langverwoccht, Cape Province
VOORTREKKERHOOGTE -NEW- MILITARY CEMETERY
Gauteng, South Africa
Grave Reference/Grave 12
Op die foto links onder is staan Luther agter Oupa Jimmy. Die langste van almal. |
Zenobia (Tannie Ball was my peetma).
Sy is op 23 April 1924 gebore en oorlede op13 September 1981
Baie van die foto's het uit haar album gekom.
Gedurende die oorlog het sy vragmotors bestuur
Ball by 'n weermagtrok, in 'n vrolike luim en op haar troudag. |
Ebenaeser (Oom Ebbie) is op 18 Jul 1927 gebore
Getroud met Tannie Sally
Hulle het 5 kinders
James, Pierre, Eeben, Wendy (sy was ook by een van die familie byeenkomste) en Ivan
Ivan is ook op die familieblad
Ivan is ook op die familieblad
Sjoe meer glo ek nie hoef ek te sê nie. Die foto regs onder is Wendy, Sally en Ebbie |
Tannie Rhoda is op 29 Mei 1930 gebore en op 15 Jul 2010 oorlede
Sy was getroud met Oom Fritz Hagen
Hul kinders is Suzette en Willem
Tannie Rhoda en Oom Fritz is 26 Januarie 1952 getroud Onder is Suzette saam met Willem se seun op die se troudag Regs bo is Willem en sy vrou Hester Onder is Suzette en Willem |
Florence (Ma Floss) is gebore op 8 Jan 1932
Sy en my Pa Gerald Fincham is in op 6 Julie 1952 getroud.
Ons is 5 kinders
Julian, Sandra, Patrick, Cecil en Michael
Ma Floss het 10 klein-kinders
Ma Floss kuier in die Oos-Vrystaat |
You don't choose your family They are God's gift to you as you are to them |
Groetnis tot volgende keer
Sandra
dit was nou oulik
ReplyDelete